Omgewingsbelegginsfonds en MTC skenk elk N$200 000 aan saadbank in Kavango-Wes

Die Omgewingsbeleggingsfonds gaan soos MTC, ook 200 000 Namibiese dollar einde Maart bydra tot die gemeenskapsaadbank-projek van die Sarukwe-nedersetting in die Ncuncuni-kiesafdeling van die Kavango-Wes-streek. Die uitvoerende hoof van die fonds, Benedict Libanda, sê die saad-genebank moet ondersteun word om die toekoms se biodiversiteit te verseker. Lot Ndamanomhata, die korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.