Kletsrymer Ricky Rick sterf

Die Suid-Afrikaanse kletsrym-ikoon Ricky Rick is oorlede. ‘n Familiewoordvoerder, Sheikani Makhado, sê die 34-jarige het vanoggend gesterf. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie, maar verskeie publikasies bespiegel dat die musikant sy eie lewe geneem het. ‘n Nabye kollega aan Ricky, wie se regte naam Rikhado Muziwendlovu Makhado is, bevestig die musikant het sy eie lewe geneem en hy het met sy geestesgesondheid gesukkel.