Walvisbaai-munispaliteit reageer op kritiek oor verwydering van onwettige strukture

Die Walvisbaaise munisipaliteit het gereageer op kritiek dat onwettige strukture van munisipale grond verwyder moet word. Dit is met gemengde reaksie in die gemeenskap begroet. Indien die strukture nie voor 31 Maart verwyder is nie, sal inwoners van onwettige sinkhuise aangekla word wat met skuldigbevinding boetes of tronkstraf opgelê kan word. Kevin Adams, die skakelbeampte van die munisipaliteit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is nie ongevoelig en die besluit is met oorleg geneem.