Omgewing: 400 ton plastiek jaarliks, 10% word herwin

Greenpeace USA sê die besoedelingskrisis kan net opgelos word as plastiekvervaardiging verminder en beperk word. Sowat 400 miljoen ton plastiek word elke jaar vervaardig en baie daarvan beland in die oseane en op stortingsterreine. Lande neem tans deel aan die vierde vergadering van die onderhandelingskomitee tussen regerings in Kanada waar ʼn bindende verdrag onderhandel word om besoedeling te verminder. Greenpeace USA se woordvoerder, Graham Forbes, sê dis duidelik dat die wêreld nie die hoeveelheid plastiek wat hy vervaardig, kan hanteer nie omdat slegs 10 persent herwin word.