EU maak ommekeer, sê UNRWA moet geld kry

Die Europese Unie vra lande om weer fondse te skenk aan die Verenigde Nasies se Hulp- en Werke-agentskap vir Palestynse Vlugtelinge. Israel se bewerings oor die humanitêre agentskap se bande met Hamas het veroorsaak dat groot skenkers hul befondsing gestaak het. Twaalf personeellede is beskuldig dat hulle deel was van die 7 Oktober-aanval op Israel waarin ongeveer 1 200 mense dood en 250 gyselaar geneem is. Die EU sê die lande moet weer die fondse skenk omdat dit die Palestynse vlugtelinge se redding is.