Ombudsman sê polisieselle in haglike toestand 

Volgens die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha, se jaarverslag wat aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, moet parlementslede die kwessie van onhigiëniese polisieselle aanspreek. Van die polisieselle wat in ’n slegte toestand gevind is, is dié by Outjo-polisiestasie, wat vervalle en vuil is. Die Grootfontein-polisiesel is oorvol gevind met 27 gevangenes, terwyl die sel bedoel is om ‘n maksimum van slegs 12 te huisves. In die Omusati-streek is die Outapi-polisiestasie in ‘n gemors, met die hele perseel wat uitmekaar val. Die Windhoekse Korrektiewe Fasiliteit se eenhede is verslete sonder gereelde instandhouding. Ten spyte van die feit dat die Otjomuise-polisiestasie relatief nuut is, is daar verskeie kwessies wat aandag verg, met gevangenes wat kla oor onvoldoende kos, gebrek aan skoonmaakmiddels en komberse. Advokaat Dyakugha  praat met Kosmos 94.1 Nuus.