Gautengse DA-leier het nie hoop vir nuwe premier 

Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, sê niks nuuts moet van die nuutverkose premier, Panyaza Lesufi, verwag word nie. Msimanga sê die provinsie se inwoners sal aanhou ly aangesien dienslewering steeds ‘n uitdaging is. Msimanga sê transformasie en her-industrialisasie kan nie plaasvind as dienslewering nie voorop gestel word nie.