Namibië kan N$76 miljard oor 25 jaar uit biomassa verdien

Namibië kan oor die volgende 25 jaar 76 miljard Namibiese dollar verdien deur 15,8 miljoen hektaar bos uit te dun. Dit is die mikpunt vir die herstel van beboste plase soos vermeld in die nasionale strategie vir die volhoubare bestuur van biomassa-bronne 2022-2027. Die strategie is die resultaat van agt jaar se samewerking tussen die omgewingsministerie en die GIZ se Bosbeheer- en Biomassabenuttingsprojek. Dit verseker dat biomassa-bronne volhoubaar gebruik word en waarde skep, en dat die biomassa-sektor Namibiërs en die omgewing bevoordeel.