Olieprys sak terug, China stel reserwes vry

Die ru-olieprys het vanoggend teruggesak en Brent verhandel op die oomblik rondom 80 Amerikaanse dollar ‘n vat. Volgens internasionale nuusagentskappe kan die daling toegeskryf word aan die aankondiging deur China dat hy reserwes oopstel. Die stap volg op ‘n beroep deur die VSA dat groot verbruikers van ru-olie reserwes moet oopstel om die prys af te bring. Verbruikers daar en regoor die wêreld gaan op die oomblik gebuk onder duur brandstof- en voedselpryse.