Novak sê tennis het Federer nodig

Die wêreld se nommer-een-speler Novak Djokovic, sê Roger Federer is belangrik vir die sport en hy hoop hy sal na die baan terugkeer. Federer het bevestig hy gaan nie in Janurie aan die Australiese Ope deelneem nie en hy sal uiters verras wees as hy fiks is om in Junie op Wimbledon te speel. Die 40-jarige het hom vroeg van die seisoen onttrek om ‘n derde knie-operasie in minder as twee jaar te ondergaan. Djokovic sê Federer is ‘n ikoon van die sport en mense regoor die hele wêreld is mal oor hom: