Hepatitis-E gevalle daal plaaslik

Gevalle van hepatitis-E het volgens die ministerie van gesondheid skerp gedaal met sterfegevalle wat ook van 23 in 2019 tot vier in 2020 en nul vanjaar gedaal het. Owerhede het in Desember 2017 ‘n epidemie verklaar wat in Khomas begin het en tot die res van die land versprei het. Daar is tans 8 062 bevestigde gevalle met amper 62 persent in die Khomas-streek en net meer as 21 persent in Erongo. Hepatitis-E word versprei deur swak sanitasie en vuil omgewings en kenners meen daar is geen twyfel daaraan dat Covid-maatreëls, en die voorsiening van water, bygedra het tot die afname nie.