Vloei by Ruacana vertoon swak

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Kunene-rivier se vloei by die Ruacana hidroëlektriese aanleg is tans op 215,7 kubieke meter per sekonde, laer as die 277,7 wat verlede jaar dieselfde tyd aangekondig is. Vlakke sal verder daal omdat die groter reëns vroeër in die seisoen ontvang is, eerder as later. In die Benede-Oranje is die vlakke ook uiters laat met Blouputs op 0,42 meter en Sendelingsdrif op 0,38 meter is. Die Zambezi-rivier, wat vanjaar swak vertoon se vlakke het effe gestyg tot op 1,95 meter maar is baie laer as verlede jaar se 5,11 meter. Die Okavango-rivier vertoon steeds goed op 5,09 meter, hoër as verlede jaar se 4,84 meter.