Beleërde Sunak kondig verkiesings aan

Die Britse premier Rishi Sunak het ‘n algemene verkiesing vir 4 Julie aangekondig. Dit volg nadat hy koning Charles versoek het om die Parlement te ontbind. Die Tories is 20 punte agter die Arbeiders in die peilings, en daar is ‘n goeie moontlikheid dat hulle die Konserwatiewe Party ná 14 jaar uit die kussings kan lig. Sunak sê die Britte moet kies wie bereid is om dapper op te tree om ‘n beter toekoms vir almal te verseker: