Ministerie het blykbaar plan vir ‘haweloses’ by stadions

Daar is kommer oor die haweloses wat tans by die Katutura- en Khomasdal-stadions gehuisves word. Die mense is aanvanklik in 2020 daar geakkommodeer weens Covid-19. Hul teenwoordigheid het sedertdien uitdagings aan die sportministerie gestel, want atlete het nie toegang tot die fasiliteite nie. ‘n Toestroming van mense, selfs tradisionele Himbas, het die situasie vererger, met onhigiëniese toestande wat toeneem weens rommelstrooiing en sanitasie-tekorte. Kosmos 94.1 Nuus het met sportminister Agnes Tjongarero gepraat, wat die impak van hierdie kwessies op die ministerie se agenda vanjaar uitlig.