Rajasthan Royals een tree nader aan finaal

Rajasthan Royals het Royal Challengers Bengaluru met vier paaltjies verslaan in die uitklopwedstryd van die Indiese Premierliga. Rajat Patidar met sy 34 het die meeste lopies aangeteken terwyl RCB tot 172 vir agt beperk is. In antwoord daarop het aanvangskolwer Yashasvi Jaiswal 45 gemoker en Rajasthan die teiken bereik met ses balle wat oorbly. Rajasthan speel Vrydag teen Sunrisers Hyderabad om te bepaal wie Sondag in die eindstryd met Kolkata Knight Riders kragte meet. Rajasthan se kaptein, Sanju Samson, sê die span het nou meer selfvertroue: