O&L Groep spreek medelye uit oor vermiste visserman

Die O&L Groep se woordvoerder, Roux-Che Locke, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig ‘n visserman van Hangana Fishing, die 35-jarige Jonas Heita, is sedert Maandag van die Begonia-vaartuig op see vermis. ‘n Lugsoektog en reddingsoperasie is van stapel gestuur en ‘n volledige ondersoek sal gedoen. Locke spreek haar medelye uit.