Talle vlieëniers van Air Namibia steeds werkloos

Die Namibiese nasionale lugredery Air Namibia is ‘n jaar gelede gelikwideer. Die likwidasie het ‘n groot impak op talle werknemers en hul families gehad. Talle hoogs gekwalifiseerde werknemers soos vlieëniers is vandag steeds werkloos en sukkel om finansieel kop bo water te hou. Volgens Manuel Prenzlow, die President of die Namibiese Lugrederyvlieëniers-vereniging, is salarisskeidingspakkette steeds nie betaal nie.

Prenzlow sê dit is moeilik om te sê hoeveel vlieëniers steeds werkloos is, maar hulle is in die meerderheid.