Pres. Ramaphosa reageer op vrae van Skoor

President Cyril Ramaphosa het reageer op vrae van die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, oor die bewerings wat hom betrek by die wanbesteding van openbare fondse. Skoor se voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, sê hy het die aangeleentheid na die parlement se regsdienste verwys om leiding te gee oor sekere aspekte van Ramaphosa se antwoord. Die komitee se program is aangepas en Ramaphosa se antwoord, tesame met ‘n regsmening, sal Woensdag voor die komitee dien. Die ANC het vroeër sy parlementslid, Mervyn Dirks, geskors omdat hy gevra het Ramaphosa moet aan die komitee verslag doen.