Okombahe-inwoners ontvang tenkerwa, voedsel

Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het saam met die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze ‘n water tenkerwa aan inwoners van Okombahe in die Daures-kiesafdeling in die Erongo-streek oorhandig. Die gebied sukkel met watertekorte. Voedselpakkies is ook oorhandig.