Oekraïne bevestig twee korridors vir graan-uitvoere

Die Oekraïne het twee roetes deur Pole en Roemenië gevestig om graan uit te voer en te poog om die wêreldwye graantekorte te verminder maar, bottelnekke die voorsieningsketting vertraag die proses. Die land se adjunkminister van buitelandse sake, Dmytro Senik sê hulle is in gesprek met Baltiese state om ‘n derde korridor vir voedseluitvoere by te voeg. Daar was vroeër ‘n Russiese aanbod om graan by die Swartsee uit te voer maar, die Oekraïne het gesê dat Russiese voorwaardes belaglik is. Oekraïne is die wêreld se vierde grootste graanuitvoerder. Daar is sowat 30 miljoen ton graan wat in Oekraïens beheerde gebied gestoor word, wat uitgevoer moet word.