BoN ondersoek Amushelelo en Nauyoma se maatskappy

Die Bank van Namibië sal ondersoek instel na die bouvereniging Property Group Save Namibia wat deur Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo besit word. Beide is nog in aanhouding na die onlangse arbeidsonrus. Die bank se woordvoerder Kazembira Zemburuka het aan plaaslike media bevestig dat die maatskappy nie by die bank, ingevolge die wet, geregistreer is nie. Die vereniging se tariewe vir huise het wenkbroue laat lig maar, wat groot vrae laat ontstaan het is dat die ontwikkeling by Brakwater sou plaasvind. Die maatskappy het nog nie ‘n aansoek vir die grond ingedien nie. Dit is nie bekend hoeveel lede die vereniging het nie en of daar enige aankope gedoen is nie. Volgens wat berig word het kopers tien jaar om lening terug te betaal sonder enige rente en nie deur ‘n kommersiële bank nie. ‘n Tien-persent deposito is betaalbaar.