Oekraïne hoop Russiese atlete mag nie aan Spele deelneem    

Oekraïne hoop om weens die oorlog teen Rusland internasionale steun te werf om atlete van Rusland en Belarus by die Olimpiese Spele in 2024 te verbied. Vadym Huttsait, Oekraïne se sportminister sê die gedagte om atlete van Rusland en Belarus toe te laat om as neutrale deelnemers mee te ding, is onaanvaarbaar. Volgens hom het 220 Oekraïnse atlete tot dusver in die oorlog gesterf. Dit volg nadat die Internasionale Olimpiese Komitee gesê het dat atlete van Rusland en Belarus in 2024 as neutrale deelnemers aan die Spele in Parys mag deelneem. Rusland sê hy verwelkom enige stappe om sy atlete toe te laat om aan die Spele deel te neem.