DA: Gauteng het beperkte toegang tot water

Die DA in Gauteng is bekommerd omdat inwoners in die provinsie weer beperkte toegang tot water het as gevolg van Rand Water se onbekwaamheid. Die voortgesette beurtkrag het ‘n negatiewe uitwerking op Rand Water se vermoë om die reservoirs in die provinsie van water te voorsien. Die DA-lid, Solly Msimanga, sê munisipaliteite word ook erg hierdeur geraak, aangesien dit beteken dat daar nie genoeg tyd tussen geskeduleerde kragonderbrekings is vir die reservoirs om vol te raak nie.