Voormalige tuinier besit nou eie koffie-handelsmerk

‘n Veertigjarige man van KwaZulu-Natal het geskiedenis gemaak met die eerste Suid-Afrikaanse koffie-handelsmerk in swart besit. Die voormalige tuinier Sihle Magubane sê hy het in 2012 sy eie koffie begin rooster en sy koffie-handelsmerk, Sihle Brew, het nou ‘n plek gevind in die groter kleinhandelaarsmark. Magubane sê hy het Johannesburg toe getrek waar hy by die Ciro Koffie-akademie opleiding ontvang het. Sihle Brew bied nou ook barista-opleiding en roosterdienste aan, en bedryf twee koffiewinkels in Woodmead en Northview in Johannesburg.