Coendraad Strydom verskyn vandag in Walvisbaai-hof

Die moordbeskuldigde Coenraad Strydom verskyn weer vandag in die Walvisbaaise landdroshof. Hy word daarvan aangekla dat hy sy vrou Engela Strydom op 4 November 2021 by hul huis in die Meersig-woonbuurt doodgeskiet het. Haar man het eers gesê sy het selfmoord gepleeg, maar die polisie-ondersoek dui op moord. Tydens die beskuldigde se laaste hofverskyning verlede jaar is die saak weer eens uitgestel as gevolg van ‘n stukkende masjien wat buskruit-reste op Coenraad se hande moet toets. Engela se familie vrees dat die saak moontlik uitgegooi kan word as gevolg van die herhaalde vertragings.