NWR stel mobiele span aan vir N$16m se opknappings

Namibia Wildlife Resorts het 16 miljoen Namibiese dollar opsygesit vir opknappingswerk by sy oorde. Volgens die maatskappy is daar sewe jaar gelede instandhouding gedoen en meeste van die klagtes deur besoekers handel oor die vervalle infrastruktuur. ‘n Toegewyde mobiele instandhoudingspan is daargestel om die werk te verrig. Die NWR se woordvoerder Nelson Ashipala het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om nie na sosiale media te hardloop wanneer hulle iets onaanvaarbaars teëkom nie, maar eerder dit direk by die maatskappy aan te meld sodat dit reggestel kan word.