Twee vas na Vrystaatse plaasaanval waar 7 vermoor is

Twee verdagtes sal na verwagting môre in die Kestell Landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op sewe mense by die Lismor-plaas. Hulle word van moord, gewapende roof en die onwettige besit van vuurwapens aangekla. Die verdagtes het na bewering ‘n 17-jarige seun en ses vroue tussen 22 en 53 jaar doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die naasbestaandes sal na verwagting die volle name van die oorledenes bevestig vir die formele uitkenning van die liggame: