Cheslin sal vir ‘n geruime tyd buite aksie wees

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het bevestig Cheslin Kolbe kan dalk vir ‘n lang ruk buite aksie wees. Die vleuel het die veld vroeg in gister se wedstryd teen Wallis in Kaapstad verlaat met vermoedelik ‘n gebreekte kakebeen. Die Bokke het die wedstryd met 30-14 gewen. Kolbe is deur Willie le Roux vervang. Nienaber is nog nie seker oor die aard van Kolbe se besering nie en wag op die mediese span om terug te rapporteer. Kolbe is glo in ‘n duikslag deur ‘n teenstander beseer.