NV verdaag tot 14 Februarie 2023

Die Nasionale Vergadering het vandag verdaag tot volgende jaar, wanneer dit op 14 Februarie 2023 heropen. Vandag se sitting het geen besprekings opgelewer nie met die speaker, professor Peter Katjavivi wat parlementslede beste wense vir Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar toegewens het. Donderdae word gewoonlik gewy aan die antwoorde op vrae wat deur parlementslede van die opposisie gestel word. Aangesien alle LP’s van die opposisieparty afwesig was in die NV, is geen antwoorde verskaf nie, en die vrae het verval. Drie mosies wat deur opposisielede ter tafel gelê is, het ook verval omdat hulle afwesig was.