Saoedi wil ook ‘n wêreldbeker aanbied

Prins Abdulaziz bin Turki Al-Faisal, Saoedi-Arabië se minister van sport, het groot sportambisies. In ‘n onderhoud met die Britse Sky News sê hy, hy wil hê sy beleggers moet Manchester United en Liverpool oorneem – en hoop Cristiano Ronaldo kom speel in sy plaaslike liga. Die land se soewereine welvaartsfonds besit reeds Newcastle en finansier die wegbreekgholfreeks LIV. Die minister sê hulle sal graag die gasheer vir ‘n wêreldbekertoernooi wou wees en dat die bepalings van die Islamitiese geloof, veral in verband met drank, nie werklik ter sprake is nie omdat die reëls van ‘n gasheerland altyd gerespekteer word.