Forum van Duitssprekende Namibiërs gee mening oor monumente

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs het sy stem byvoeg by die debat rondom die toekoms van koloniale monumente en geboue. Die forum erken en verstaan ten volle dat monumente in die oë van sommige Namibiërs as uitlokkend en kwetsend beskou kan word. Terselfdertyd is dit hul oortuiging dat alle historiese gebeure in die politieke en kulturele konteks van hul tyd gesien moet word. Na beraadslagings het die forum besluit die korrekte en gepaste pad vorentoe sou wees om verduidelikende gedenkplate by monumente aan te heg of ‘n bykomende monument op te rig wat die ander kant van die storie sou gee, en vanuit vandag se perspektief. Die voorsitter van die forum van Duitssprekende Namibiërs, Harald Hecht verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.