NV kry kliniek, haweloses is blootgestel aan elemente – dubbele standaarde?

Daar is menings in die samelewing dat die Namibiese regering dubbele standaarde het en nie alle Namibiërs dieselfde hanteer nie. Toe ‘n parlementslid Ignatius Shixwameni verlede jaar by die Nasionale Vergadering ineengestort en gesterf het, het parlementslede gevra dat ‘n kliniek daar gevestig word, wat vinnig goedgekeur is. Verlede week is die liggaam van ‘n hawelose man in Windhoek gevind wat vermoedelik weens verkluiming gesterf het. Sommige Namibiërs vra of die parlementslede iets vir die hawelose mense gaan doen of gaan hulle net stilbly hieroor. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, gee haar mening in die verband.

Namises hoop die regering gaan vinnig reageer oor hawelose mense.