Ministerie doen alles om brandstofsmokkelary te bekamp

Die ministerie van myne en energie meen dat brandstofsmokkelary in die noorde aangedryf word deur armoede. Die misdaad gaan onverpoosd voort en vulstasie-operateurs kla dat hulle meeding met goedkoop brandstof uit Angola, wat die voortbestaan van hul ondernemings bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie.