Nuwe verkragtingswet ter tafel gelê

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, het die langverwagte wysigingswetsontwerp op verkragting in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Luidens die dokument sal die minimum skuldigbevinding aan verkragting van ‘n minimum van vyf tot tien jaar verhoog, en waar die verkragting onder dwang gepleeg word, word die vonnis nou van ‘n minimum van tien tot 15 jaar verhoog. Ten opsigte van oortreders wat skuldig bevind word aan verkragting waar die klaer ernstige liggaamlike of geestelike beserings opgedoen het en onder die ouderdom van 13 is, word die vonnis verhoog van 15 tot 20 jaar. Die wetsontwerp verbied howe om enige afleiding te maak slegs uit die afwesigheid van liggaamsvloeistowwe op die klaer, of uit die afwesigheid van bewyse van breuk van ‘n klaer se maagdevlies. Howe moet getuienis holisties evalueer voordat uitspraak gemaak word. Daar is ook sekere riglyne vir die toestaan van borg.