Dinge raak meer ‘nawa’ vir Namibiese esels

Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, oftewel Nawa, se span van hul Donkie-projek werk hard aan verskeie projekte. Nawa se eerste donkiesorg-uitreikprojek in samewerking met die Dierebeskermingsvereniging vorder goed waar eienaars van donkies opleiding kry om hulle mooi te versorg. Toerusting is ook geskenk. Die donkies ontvang ook mediese behandeling. Heather Craemer, voorsitter van Nawa, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.