Nuwe Slawekwartier-galery weerspieël wreedheid van slawerny

Die herinnerings-galery van Leeuwenhof se slawekwartier in Kaapstad weerspieël die wreedheid van slawerny en die lewe van ‘n slaaf. Dit is wat gesê is by die opening van die galery op die terrein van die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se ampswoning in die stad. Winde sê toe hy premier geword het, het die geskiedenis van die geboue hom laat stilstaan en nadink oor die geskiedkundige trauma. Hy wou ander dieselfde geleentheid gun en het die departement van kultuursake opdrag gegee om navorsing te doen oor hierdie hartseer nalatenskap.