Twee vas oor renosterstropery, ivoorsmokkelary

Twee vermeende wildmisdadigers is in twee verskillende sake van onderskeidelik renosterstropery en ivoorsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese wildmisdaadverslag is beslag op twee olifanttande gelê nadat ‘n 64-jarige man, Angustinus Luvengu, by Ndioyna in hegtenis geneem is. Die 25-jarige Joseph Fernandu is by Oshivelo in hegtenis in verband met sameswering om ‘n renoster te stroop.