Nuwe kinder MIV-behandeling plaaslik beskikbaar

Die langverwagte MIV-behandeling wat spesifiek vir kinders ontwerp is, is nou beskikbaar in lae- en middel-inkomste lande, danksy ‘n ooreenkoms van internasionale gesondheidsinisiatief Unitaid en die Clinton Health Access Initiative. Die Namibiese ministerie van gesondheid is opgewonde dat die behandeling uiteindelik in Namibië is. In die afwesigheid van die nuwe behandeling, wat is voorheen vir kinders gegee en wat is die verskil? Sylvia Ashikoto, nasionale pediatriese en MIV-behandelingskoördineerder in die gesondheidsministerie, is aan die woord.