Afvalwater van brouery sal spinasie natlei

Suid-Afrikaanse Brouerye sê hy is trots op die baanbrekerswerk met sy groen inisiatief, Projek Popeye. Die projek is deel van die eerste groen biologiese behandelingstelsel vir ‘n bierbrouery in Afrika. ‘n Woordvoerder van SAB sê net soos wat die strokiesprentkarakter Popeye mense deur middel van spinasie gehelp het, gaan die brouery ‘n plaaslike onderneming met befondsing bystaan. TaylorMade Water Solutions sal geld ontvang om ‘n kommersiële stelsel van drupbesproeiing uit water van die aanleg te ontwikkel. Dit sal boere help om spinasie naby SAB se Ibhayi-aanleg in Gqeberha in opgeboude beddings aan te plant.