Nuwe ekonomiese beleid nodig, meen SA-ekonoom

Terwyl die Namibiese regering poog om beleggings te beheer in ‘n nuwe wetsontwerp, sê ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom die buurland se regering moet kragdadig die beperkinge van sy ekonomiese potensiaal toets deur die instel van voor die hand liggende en dringende ekonomiese hervorming. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se Sakeskool. Hy sê daar is ‘n paar boublokke wat die ekonomie volgende jaar na die volgende vlak kan neem. Dit sluit in die voortgesette momentum van die Covid-19-inentingsprogram, steun vir en die uitvoer van die beleidsbeloftes om Eskom bestendig te maak, en die instel van hervormings wat nodig is om dienslewering te verbeter: