Kleinvee: landbou staan kommunale boere by

Kommunale boere in Namibië word daaraan herinner dat hulle nou aansoek kan doen vir die kleinvee-ontwikkelingskema in kommunale gebiede. Die ministerie van landbou sê die projek is ‘n roterende bokprojek wat veral kwesbare huishoudings ondersteun. Die projek duur vir vyf jaar en elke huishouding ontvang 20 ooie en ‘n ram, met ‘n maksimum van 20 huishoudings per streek. Die bepalings is baie streng en begunstigdes mag byvoorbeeld geen ander inkomste, soos ‘n shebeen hê nie, en aansoekers moet ‘n voltydse kommunale boer wees. Boere wat voordeel uit verskeie ander projekte getrek het, mag ook nie aansoek doen nie. Aansoeke sluit op 28 Januarie.