Nuwe data van satellietsenders op kameelperdsterte verkry

Nuwe data is reeds verkry van die vier nuwe satellietsenders wat onlangs op die sterte van kameelperde in die Etosha Nasionale Park en die Ehirovipuka-bewaringsgebied geplaas is. Dit is deur die kameelperdnavorser Jackson Hamutenya van die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum gedoen in samewerking met die omgewingsministerie, die Giraffe Conservation Foundation (GCF); en die Universiteit van Namibië se veeartsenyskool. Hamutenya vertel aan Kosmos 94.1 Nuus watter nuwe data hulle op die beweging van kameelperde van die satellietsenders ontvang het.

Hamunutenya het gesê hulle is baie tevrede met die tegnologie en wil nog meer kameelperde in Namibië en Afrika daarmee toerus.