Kommer oor positiewe Covid-gevalle onder leerders

Die aantal bevestigde positiewe Covid-gevalle onder Namibiese leerders is kommerwekkend. Die gesondheidsministerie het vandag aangekondig dat 57 leerders positief getoets het, ná gister se 98. Gister het tien onderwysers positief getoets en vandag sewe. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is duidelik dat regulasies by skole hersien moet word om verdere Covid-oordrag te vermy.