Delhra: Woestynleeus se nood is hoog

Dit gaan nie goed met Namibië se sogenaamde woestynleeus nie, volgens Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid, oftewel Delhra. Die Smits het vir drie weke in die Kunenestreek na die leeus gaan soek. Smit sê die leeus is tans in die berge en valleie wat moeilik begaanbaar is. Hy sê van die diere begin terugkeer na droë rivierstelsels en baie van die leeus se prooi trek in die reëntyd na die grasvlaktes toe wat mens-leeu-konflik verhoog. Smit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die leeus se nood is baie hoog en hul getalle verminder drasties.