Nuwe bevestigde Covid-19-gevalle in die land bly laag

Daar is volgens die jongste statistek van die Namibiese gesondheidsministerie steeds ‘n dalende
tendens in nuwe Covid-19-gevalle in die land, met slegs sewe nuwe gevalle wat bevestig is. Dit is ‘n
positiewe koers van 0,4%. 345 052 Mense het tot dusver een dosis entstof ontvang, teenoor die 217
129 wat ten volle ingeent is. Die herstelkoers staan op 97,1%.