Soektog na Kivu-meer vermistes in die DRK duur voort

Die soektog duur voort na 20 mense wat vermis geraak het na hulle gemotoriseerde kano op
die Kivu-meer in die Demokratiese Republiek van die Kongo in twee gebreek het. Agt mense
het in verlede week se tragedie verdrink. Sestig mense is gered. ‘n Ooggetuie het
aan AFP gesê die ou passasierskano was oorlaai. ‘n Skip wat in 2019 in die meer op die grens
tussen die DRK en Rwanda vergaan het, het die lewe van 100 mense geëis.