Nuwe beleid in die buurland sal help om kabeldiefstal be bekamp

Die Stad Johannesburg het die ANC-regering se pogings verwelkom om misdaad in die skrootmetaal-waardeketting te stop. Die regering het ‘n konsepbeleid gepubliseer wat die uitvoer van afvalstaal en koper tydelik verbied. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Infrastruktuurdienste, Michael Sun, sê hulle hoop om met die regering saam te werk en ‘n manier te vind om te verseker dat die beleid nie wettige skrootmetaalhandelaars benadeel nie, maar steeds kabeldiefstal en opsetlike beskadiging van infrastruktuur stuit: