Faith is beste honde-branderplankryer in die wêreld

Honderde honde het byeengekom vir die Wêreld-branderry-kampioenskap vir Honde in Kalifornië. Die honde word beoordeel volgens hulle tegniek, selfvertroue en die grootte van die golwe wat hulle aanpak. Hulle word volgens grootte ingedeel en daar is ‘n tandem-item waar eienaars saam met hul honde op die plank kan ry. Die geleentheid word sedert 2006 in San Francisco aangebied. ‘n Tienjarige gewese skuilinghond, Faith, het vanjaar die eerste plek ingepalm. Haar eienaar sê sy het eendag op die strand op ‘n branderplank gespring en nooit weer teruggekyk nie.