Nog twee renosters gestroop

Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig dat twee vars karkasse van witrenosters Maandag op ‘n plaas in die Outjo-distrik ontdek is. Verlede week het die ministerie bevestig dat 33 renosters tot dusver vanjaar in Namibië gestroop is, wat die totaal nou op 35 te staan bring. Volgens die ministerie word private plase toenemend deur stropers geteiken met ‘n witrenosterbul wat ook verlede week op ‘n plaas in die Gobabis-distrik gestroop is. Muyunda praat met Kosmos 94.1 Nuus.