Numsa vra spoedige oplossing vir versetoptrede

Stad Tshwane neem kennis van die Nasionale Metaalwerkers-vakbond van Suid-Afrika se oproepe om in te gryp in sy versetoptrede oor verskeie eise rondom vervoertoelae. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Dikeledi Selowa, sê as derde party in hierdie saak, is hulle nie by magte om in te gryp in die interne sake van gekontrakteerde ondernemings nie.